Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

God En Die Huwelik

Category: Verhoudings

Date: 2014-11-01

Likes: 289

Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste

Verhoudings  


Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te stem of te verskil. (Seblief hehe)

Oor die algemeen word die Bybel en God vinnig aangehaal wanneer daar sprake is van egskeiding en dit is dan ook een van die grootste redes hoekom 'n gelowige persoon huiwerig is om te skei.

Volgens my siening is dit egter 'n ongebalanseerde perspektief en wel weens die volgende.

Net soos met die BAIE reëls en moet's en moenie"s van die ou testament is die huwelik ook 'n Goddelike instelling en daarmee het ek geen probleem nie en respekteer 'n huwelik dan ook as sodanig.

God is liefde en die hele Bybel draai rondom liefde en dit is dan ook waarom Christus ons 'n nuwe gebod kon gee. "Jy moet jou Here jou God liefhê bo alles en jou naaste soos jouself. Hierom draai die hele wet en profesie".

Met bogemelde is dit duidelik dat alles rondom LIEFDE draai en dit sluit die huwelik self ook in, want die huwelik is 'n verbond tussen twee persone wat mekaar liefhet.

Anders as met akademiese kwalifikasiess, bestuurslisensies en wapen lisensies en baie ander dinge wat vooraf ervaring benodig, gaan die oorgrote meerderheid mense 'n huwelik in sonder enige werklike ervaring of vooraf kennis van 'n huwelik en die BAIE verskillende aspekte daarvan en dit op sigself maak 'n huwelik 'n redelike "riskante" onderneming.

Nou om dit so bietjie verder te vat, WATTER van die volgende twee voorbeelde is meer in lyn met "God se idee" van 'n huwelik?

Twee mense wat mekaar liefhet en daarvolgens lewe en in 'n groot mate ook God dien insluit, want waar twee of meer in Sy Naam (God is Liefde) vergader, daar is God. Hierdie twee mense se liefe sal OOK in elkeen se LEWE en alles rondom hulle weerklank vind.

of

Twee mense wat mekaar nie liefhet en respekteer nie en alewig soos kat en hond baklei. Dit het nie net 'n invloed op hulle huwelik nie, maar ook op hulself, hulle kinders, hulle werk en die mense rondom hulle, trouens in alle opsigte van hulle lewe en selfs in hulle verhouding met god want 'n ongelukkige mens kan God nie dien nie.

Verder dan ook, as God en die Bybel dan voorgehou word, wat dan van beide se verbintenis en belofte en liefde vir hulle kinders want op die ou end skaad 'n ongelukkige huwelik 'n kind emosioneel, sielkundig en geestelik BAIE, BAIE BAIE meer as vir die twee volwassenes betrokke en met die argument, "terwille van die kinders in 'n ongelukkige huwelik bly" geld dus eintlik presies die teenoorgestelde.

Kinders sien en leer by hulle ouers so wat leer hulle? Liefde en geluk in 'n verhouding, of ongelukkigheid en soos kat en hond baklei? Dit wat hulle as kinders leer, word die norm waarteen hulle die lewe meet en wat hulle leer van verhoudings.

As skei dan sonde is goed en wel, maar my vraag is dan. Wat van dronk wees, wat van mishandeling, wat van kwaad word, wat van vloek en skree, wat van afbreek en afkraak en alles wat met 'n ongelukkige huwelik gepaard gaan? Is DIT nie ook sonde nie?

Om te skei is 'n eenmalige "sonde" as dit as sodanig beskou word, maar bogemelde dinge is ook sonde en gebeur op feitlik 'n daaglikse basis vir maande en jare en dekades so WAT weeg op die ou end die swaarste?

As iemand in so 'n huwelik dan nie ter wille van hom/haarself wil skei nie, WAT van die kinders? is DIT, bogemelde se maande en jare en dekades van ongelukkigheid, baklei, lelike en vieslike dinge, wat so 'n persoon noodwendig op die kinders AFDWING met sy/haar KEUSE, werklik die beste wat 'n ouer aan 'n kind kan bied?

Op die end, is 'n huwelik NIE 'n strafkamp van ongelukkigheid nie en bied sowel die liefde en God baie meer as dit en is dit, die liefde, die grondslag van 'n huwelik.

Terloops

Dit is maklik om te se die paartjie moet vir berading gaan of watookal maar dit kom van TWEE kante af.

Selfs Christus met sy 100% suiwer liefde, sal NIE in 'n ongelukkige verhouding bly nie en sy voorwaarde is duidelik en dit is dat ons, die ander persoon, hom OOK moet liefhe anders gaan dan maar hel toe.



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste