Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Goeie Of Giftige Verhouding Met Tyd

Category: Verhoudings

Date: 2014-11-01

Likes: 106

Met my suster se dogter se onlangse afsterwe weens kanker , hope werk, griep en ander dinge was ek nie juis lus om te skryf nie.

Verhoudings  


Met my suster se dogter se onlangse afsterwe weens kanker , hope werk, griep en ander dinge was ek nie juis lus om te skryf nie. Ek wou sê het ek nie tyd gehad nie, maar met hierdie artikel in gedagte sou dit 'n onbewustelike leuen gewees het.

Vanuit die oogpunt dat TYD eintlik as 'n kanker in ons lewe beskou kan word wat stadig en stelselmatig ons LEWE opvreet sodat niemand werklik weet wanneer tyd gaan wen en jou lewe verby is nie, wil ek die volgende vraag vra.

Het jy 'n goeie of giftige verhouding met tyd?

TYD, as mens mooi dink, is in werklikheid die waardevolste ding waaroor enige mens beskik en as jy net 'n minuut oorhet om te leef kan nie al die geld, goud, vriendskappe, liefde of selfs geloof selfs net 1 ekstra minuut koop nie.

Afhangende van ons verhouding met tyd kan tyd 'n vriend of vyand wees, kan dit 'n goeie verhouding wees waar jy tyd respekteer vir die waardevolle kommoditeit wat dit is en dit versigtig en oordeelkundig gebruik soos wat met geld die geval is of dit kan 'n giftige verhouding wees waar jy jou tyd disrespekteer, uitmors en as vanselfsprekend aanvaar, net om met skok wakker te skrik en smeek om nog een dag, nog een minuut.

Dink so bietjie oor jou drome, jou ideale en dinge wat jy nog altyd wou doen maar nog nooit tyd voor gehad het nie en gaan sit en dink weer aan al die tyd wat jy al opgemors het op nuttelose en onbelangrike dinge in die breë konteks van jou hele lewe, verlede, hede en toekoms.

Ek is dankbaar daarvoor dat ek nog altyd 'n doener was, iemand wat glo dat geloof sonder die daad nutteloos is en bloot begin doen as ek iets gedoen wil hê maar tog het ek die belangrikste aspek grotendeels buite rekening gelaat, respek vir en 'n goeie verhouding met tyd deur elke dag en oomblik te beplan en te BENUT asof dit my laaste is.

Ek is nie iemand wat kan stilsit en niksdoen nie en kyk nie eens televisie nie en is altyd besig met iets maar sonder beplanning, aandag, deurlopende besef van die belangrikheid van tyd soos wat dit met 'n goeie en gesonde verhouding die geval sou wees, moet ek erken dat 'n groot deel van my tyd NIE opbouend en tot beste benutting daarvan was nie en KON ek vandag byvoorbeeld 'n artikel skryf en sou "ek het nie tyd nie" 'n leuen gewees het.

Erens op die blad het ek 'n prent geplaas wat min of meer daarop neerkom dat "As jy op jou laaste is, gaan dit nie jou bank balans, besittings, werk of enigiets wees wat in jou gedagtes is en jy by jou wil hê nie, maar jou geliefdes"

Elke aand as ek gaan slaap wil ek rustig slaap met die wete dat ek die beste van elke uur van die dag wat verby is gemaak het, dat ek my waardevolle tyd geruil het vir iets wat minstens ook waardevol genoeg was om daarby te pas en ek nie my waardevolle tyd verkwis het nie.

NOU, vandag lyk tyd nie so belangrik nie maar as ons terugdink aan die verkwiste jare agtertoe, WIL ons regtig jare vorentoe maar net WEER terugkyk op NOG MEER verkwiste tyd?



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste