Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Bereiking Van Volle Potensiaal

Category: Verhoudings

Date: 2014-11-01

Likes: 278

Terwyl ek so na die prent en woorde kyk voel ek skielik sommer hartseer toe ek die volgende lees "He will give you the freedom

Verhoudings  


Terwyl ek so na die prent en woorde kyk voel ek skielik sommer hartseer toe ek die volgende lees "He will give you the freedom of expression and let you fly in the development of your own talents".

Hoeveel mense bereik ooit hulle volle potensiaal? As God so neerkyk oor elkeen van ons, WAT moet HY dink van ons huidige lewe en hoe dinge tans rondom ons is en Hy dit vergelyk met die potensiaal wat HY WEET in ons is?

Al is ek doof het ek al baie meer vermag en strewe ek na baie meer as meeste normale mense op baie gebiede maar tog is daar baie dinge waar ek baie beslis nie my volle potensiaal nastrewe nie. So byvoorbeeld is ek nie geldgierig nie tog stel geld mens in staat om met baie minder stres deur die lewe te gaan en nog meer vir ander te kan beteken (ek smile altyd as ek dink aan "Geld maak mens dalk nie gelukkig nie, maar dit stel jou in staat om in gerief ongelukkig te wees" hehe)

Die rede vir hierdie skrywe is egter vanuit ander perspektief, hierdie prent en woorde daarop.

'n Verhouding, liefde, 'n beminde in jou lewe, is een van die kragtigste en waardevolste aansporingsmiddele wat daar is om die beste uit jouself te haal, om jou volle potensiaal as mens, man, vrou, ouer of geliefde te bereik, al dan nie ter wille van jouself nie, dan ter wille van die wat jy liefhet. Trouens, selfs met net God in jou lewe behoort 'n mens al klaar na jou volle potensiaal te strewe want staan daar nie geskrewe mens mag nie jou talente onder 'n maatemmer wegsteek nie?

Tog, so hartseer en in werklikheid, is dit meestal 'n geval van, nie net in giftige verhoudings nie, maar selfs redelik goeie verhoudings, dat die twee mense nie net nie hulle eie volle potensiaal nie najaag nie, maar ook nie die ander een aanmoedig om sy/haar volle potensiaal te bereik nie en trouens in meeste gevalle eintlik daarteen werk, die ander een nie die ruimte gun om sy/haar eie talente te ontwikkel en volle potensiaal te bereik nie.

Volle potensiaal gaan nie net oor talente nie, dit gaan ook oor jou geluk, menswees, vrouwees, jou geestelike sowel as emosionele lewe en alles rondom jou.

So byvoorbeeld is mans oor die algemeen siende blind vir vrouens se seksuele behoeftes, vir hulle emosionele behoeftes, vertroeteling, aandag, begrip, dinge wat vir 'n vrou belangrik is. Hulle fokus op hulself en in plaas van die volle potensiaal van die begrip vir en bevrediging van mekaar se behoeftes na te streef, "aanvaar" vrouens dit net so en word sodanige potensiaal van 'n veel, veel gelukkiger en bevredigender verhouding weggegooi en onder 'n maatemmer begrawe.

In die meeste gevalle is beide ook so vasgevang in daaglikse roetine, in werk en of besig bly dat werklike talente en/of drome begrawe en onderdruk word en dit word weerspieel in "navorsing" wat wys dat die oorgrote meerderheid mense hulself NIE besig hou (soos werk) met dit wat hulle regtig nog altyd graag wou doen nie.

Op sigself is daar nie soseer iets daarmee verkeerd nie maar my siening is dat, deur mekaar aan te moedig en na die beste van mekaar se vermoe te ondersteun om talente of drome na te streef, elkeen nie net gelukiger sal wees nie, maar dit ook die verhouding en onderlinge begrip tussen mekaar soveel meer sal verbeter en versterk. Elkeen van ons het drome en dit beteken soveel MEER as daar iemand is wat dit saam met ons droom en saam met ons nastreef.

Wat was jou drome en planne vir jou kinders toe hulle nog babas was en wat het daarvan geword? Wat was jou drome en toekomsplanne saam met jou geliefde op julle troudag, om die beste van jouself vir hom/haar te gee en wat het daarvan geword? Verswelg en begrawe onder die druk van die lewe, dag tot dag bestaan en veral die gebrek aan wedersydse aanmoediging om dit sterk en lewendig te hou.

Op die ou end gaan ware liefde, liefde soos wat God vir ons het, daaroor om die beste van jouself te gee en die beste vir die een wat jy liefhet te wil hê met jou hart, siel, gees en liggaam want sekerlik is dit nie genoeg om God of jou geliefde met een hand te dien nie, met een oor te luister nie, net finansieel te versorg en die res van sy/haar behoeftes nie eens te kan insien en verstaan nie, om nie eens van te bevredig te praat nie.

Alleen is dit nie altyd so maklik nie maar is dit dan nie JUIS hoekom God 'n vrou vir die man gemaak het nie, sodat hulle twee saam een kan wees en mekaar aanvul en die beste uit homself, haarself en altwee saam kan haal. DIT is dan ook die grootste gawe en genade van liefde, dan jy nie meer alleen is nie, maar dit twee harte is wat saam soos een klop en liefhet.



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste