Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Innerlike Krag En Sterkte

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 109

Sommer terwyl ek hier begin tik weet ek dat ek myself gaan weerspreek maar soos altyd DOEN ek net en laat die res self voortvloe

Verhoudings  


Sommer terwyl ek hier begin tik weet ek dat ek myself gaan weerspreek maar soos altyd DOEN ek net en laat die res self voortvloei.

In geheel gesien kan 'n mens onbeperkte innerlike krag en sterkte hê omdat God in jou is maar dit is ook nie altyd so eenvoudig nie want God is waar TWEE of meer in Sy Naam vergader terwyl ons ook maar net vleeslike mens is en bly.

My innerlike krag en sterkte was nog altyd my kinders en ander mense help, gee en deel en daardeur soveel meer in sterkte te ontvang selfs al het ekself niks en niemand wat daar vir MY is nie. Nie familie wat selfs net met my gesels nie of vriende of kennisse wat daar is vir my nie. Meer as dit, word daar ook vergeet dat ek doof is en smse of chat maar emosieloos is en nie soos met 'n telefoniese gesprek emosies, daardie dieper nuanses, kan oordra nie. Alleen kan ek ook nie na musiek, die voedsel van die siel, luister nie, kan ek nie die voeltjies se gekwetter of selfs veraf geruis van verkeer se "die lewe gaan aan" hoor nie.

Daardeur het ek egter ook prakties die waarheid geleer van "If you want to lift yourself up, lift somebody else up" en kan seker meer as die meeste getuig presies HOE waar en kragtig dit is.

Daar is egter 'n haakplek soos ek in "die TE faktor" geskryf het en geen mens kan net onbeperk gee en gee en deel en help nie want soos in my geval is dit skeefgetrek in die opsig dat daar teveel negatiewe dinge rondom my is, ander mense se probleme en so aan, wat EK in iets positiefs omskakel deur te help, maar dat JUIS dit dan ook my krag en innerlike sterkte tap.

Ek werk vir myself en enige besigheidseienaar kan getuig dit is nie maklik nie, voeg dan daarby die feit dat ek doof is, alleen is sonder enige hulp, bystand, raad of aanmoediging en in 'n HORENDE wereld teen horendes moet kompeteer dan raak dit nog moeiliker. Voeg dan ook daarby, dat ek 'n GROOT deel van my tyd en alles aan ander mense help spandeer en besigheidsgewys onder soveel meer druk is, dan raak die prentjie, uhmm... negatief, onhoudbaar maar JUIS dan, wanneer dinge te veel raak, het ek amper nie 'n keuse as om te help, te gee en te deel nie, juis om die nodige krag en sterkte te kry. Ongebalanseerd inderdaad.

My kop se vir my stop, ignoreer alles en fokus op myself en kry eers MY lewe, besigheid en omstandighede weer reg en standvastig voor ek weer ander mense help.

Maar my hart se anders want HOE kan ek my dogter en kleinkinders aan die genade van 'n moontlike psigopaat oorlaat? Hoe kan ek met my gewete saamleef wetende dat daar 'n 6 jarige meisiekind gemolesteer word en die howe en almal haar faal en ek WEET ek het die vermoë en krag om te help? Hoe kan ek die tale mense, wat JUIS vir my daardie krag en sterkte gee, ignoreer terwyl ek weet dit is hoe ek is as omgee mens wat LEWE vir liefde?

By feitlik enige plek waar ek kom, enigiemand met wie ek persoonlike kontak het en mee gesels, draai dit feitlik altyd om probleme, nie myne nie maar ander s'n waarmee ek probeer help. Te dikwels sien ek negatiewiteit en probeer dit omskakel in die positiewe. Te dikwels gee ek 100% van myself ter wille van 'n kind of 'n groter geheel.

Ek kla nie want dit is hoe ek is maar tog kan dit ook nie onbeperk aanhou nie. Ek is ook geen gek nie en weet dat, as mens dit so kan stel, ek my emosionele krag en stabiliteit op ANDER maniere as help en gee moet aanvul, vriende kry wat bloot daar is vir die vriendskap en oor en weer kuier, uitgaan en uitkom en so aan, maar dit is ook nie so maklik nie. So byvoorbeeld stel ek nie belang in oppervlakkige of seksuele verhoudings en vriendskap nie want ek gee my alles en die emosionele, dieper sy is soveel belangriker.

Op 'n manier is ek in 'n giftige verhouding met myself vasgevang want ek absorbeer die gif en probleme rondom my deur te help en om te gee terwyl ek bloot op my eie innerlike krag en sterkte staatmaak sonder enigiemand wat as teenvoeter, balansering dien en my emosioneel kan aanvul. (Onthou 'n horende persoon se gehoor speel 'n belangrike rol in sy emosies soos stemklank, geluide, musiek en dinge rondom hom. 'n Dowe persoon is daarvan geissoleer en het slegs visuele of fisiese kontak)

As ek so sit en dink oor bogemelde en die baie dinge wat ek al gedoen het en mee besig is wat BAIE horende en normale mense nie eens van sal droom nie, dan kan ek maar net my kop skud oor die ongelooflike innerlike krag en sterkte, wel wetende dat ek tog ook soms, soos netnou terwyl ek bogemelde getik het, 'n blote mens is met swakhede, twyfel en beperkte vermoëns en op die randtjie van moed opgee.

Maar miskien lê my krag JUIS daarin dat ek weet ek is sterker en beter as dit en dit as aansporing en motivering vir ander kan dien.



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste