Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Liefde Versus Liefde

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 108

God is liefde maar dit skep die persepsie dat liefde net goed is en dit is verkeerd want daar is slegte liefde en daar is

Verhoudings  


God is liefde maar dit skep die persepsie dat liefde net goed is en dit is verkeerd want daar is 'n slegte liefde en daar is goeie liefde.

In werklikheid is trouens die hele persepsie van "liefde", hetsy goed of sleg, misplaas en is die meeste en grootste goeie dade sowel as slegte dade in die geskiedenis in die naam van "liefde" gepleeg of uitgevoer of het dit daartoe aanleiding gegee.

Die modimole monster het die dade gepleeg uit "liefde" vir die vrou en hoeveel mans en vrouens en selfs kinders is nie al vermoor asgevolg van "liefde" nie en wat van al die oorloë in die wêreld? Was dit nie hoofsaaklik weens liefde vir die volk en vaderland, God of afgode en die eie ek soos gierigheid of magsug nie?

Maatstaaf vir of liefde reg of verkeerd is.

Die belangrikste maatstaaf vir liefde, net soos met geloof is dat die boom aan sy vrugte geken word en dus die dade sowel as gevolge daarvan.

Die vrugte van die Gees, die goeie, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing en dit is alles OPBOUEND.

Daarteen is die vrugte van die liefde van DIE EIE EK onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge wat alles AFBREKEND is.

God is liefde en die wat hom volg het sy naaste lief terwyl die duiwel ook liefhet en die wat hom volg homself liefhet.

Daaruit is dan die toets en maatstaaf, of 'n liefde vir iemand om daardie persoon se geluk gaan en, of 'n liefde vir iemand om JOU EIE geluk gaan.

Dit is egter ook nie so eenvoudig nie en veral in uiterste gevalle is iemand wat die verkeerde liefde gaan waar alles oor HOM of HAAR gaan, meesters om dit te laat lyk asof dit oor die ander persoon gaan.

'n Werklike voorbeeld

Meisie vanaf 13 jarige ouderdom in verhouding met 'n man van 60 (haar ouer suster se skoonpa). Sy is nou 20 en hulle is onlangs getroud.

Op die oog af is sy lief vir hom en hy is lief vir haar en maak die ouderdom nie enige verskil nie. Eintlik nie "op die oog af nie" en IS hulle lief vir mekaar so vir alle praktiese doeleindes is dit 'n "goeie" en sterk liefde.

Tot 'n mens na die onderliggende faktore kyk.

Hy het 'n totale obsessie met haar en GLO met sy hele hart God het haar vir HOM GEGEE en as iemand dit waag om te verskil, dan sondig jy teen die lewende god. Net soos met 'n ander storie beskou hy dit en homself as heilig en bo die wet en enigiets en het 'n hofbevel dat hy haar nie mag sien nie geignoreer en gesê hy is so lief vir haar hy is bereid om die res van sy lewe in die tronk deur te bring vir haar, en haar mettertyd oortuig om die bevel terug te trek en nodeloos om te se gaan NIKS oor wat die beste is vir haar nie, maar wel vir hom en bly sy amper letterlik in 'n tronk.

Hierdie meisie daarteen, het grootgeword in redelik opgevoeterde omstandighede waar sy en haar boetie en twee ander susies elkeen 'n ander pa het wat nooit daar was vir hulle nie en met 'n eers dagga en later dobbelverslaafde ma, het hulle hulself grootgemaak en dit is baie redelik om aan te neem dat sy, weens die vroeë tyd waarop sy die "verhouding" met hom gegan het, sy nog nooit werklik emosioneel verder ontwikkel het nie en 'n diepgewortelde begeerte en behoefte aan 'n PA op hom projekteer en dit verwar met 'n verkeerde soort "liefde".

Sekerlik moet dit mos "goeie liefde" wees as hy bereid is om te sterwe vir haar?
Sekerlik moet dit mos "goeie liefde" wees as sy ondanks teenkanting steeds by hom bly en met hom trou?

Die familie self aanvaar dit maar net so en trouens, sy was eenkeer letterlik in 'n voertuig gedwing en na hom teruggevat deur haar eie ma en suster en daar toegesluit toe sy geweier het om terug te gaanweg probeer kom het en hy gedreig het om haar ander suster, sy seun en hulle kinders uit te gooi op straat.

IS DIT "goeie" soort liefde? O dit kan as liefde deurgaan ja, maar soos hierbo gesê is, daar is liefde, en liefde.

Binne die konteks van 'n verhouding is die probleem egter dubbel erger.

'n Verhouding impliseer dat twee mense mekaar liefhet en asgevolg van dit is dit dubbel moeiliker om dinge in oorhoofse perspektief te sien want in die geval van verkeerde / verkeerde of goeie / goeie liefdes is dit redelik eenvoudig genoeg om die vrugte, die resultate, die uitwerking en alles te bepaal maar in die geval van 'n goeie / verkeerde liefde is dit nie so maklik nie.

Aan die kant van die goeie liefde is die vrugte van die gees teenwoordig en kan mens trouens "verwag" dat hierdie een geduldig, verdraagsaam, die minste moet wees en die ander een help, bystaan, ondersteun en te alle tye by die ander een te staan want dit is tog waaroor goeie liefde gaan. God is liefde en kom mos ook in die prentjie so geloof dat gebed dinge sal regkry, dat LIEFDE en God alles kan oorwin.

Aan die ander kant van die spektrum van die verhouding is die slegte liefde waar alles oor daardie persoon se EIE EK gaan en hy/sy die ander een se goeie liefde gebuik en misbruik en vertrap en verniel en vernietig deur dit TEEN hom of haarself te gebruik want 'n mens se grootste wapen is ook jou grootste swakheid. Deur dit is dit so maklik om uiterste dade te pleeg aan die een kant en toe te laat aan die ander kant "in die naam van LIEFDE".

Dis is mos so en my kind kan reedsmoordenaar wees, dit is en bly my kind en ek sal by hom/haar staan al veroordeel ek sy/haar dade.

As bogemelde in aanmerking geneem word kan gesien en besef word presies hoe gevaarlik en kompleks dinge kan raak en is die enigste werklike maatstaaf soos wat hierbo genoem is, om die VERHOUDING te beoordeel volgens die vrugte wat dit dra.

Binne die konteks van 'n verhouding, man en vrou, is dit nie so maklik nie want asgevolg van die goeie liefde van die een, IS daar goeie vrugte ook e "kan" mens maar "aanvaar" dat die daardie persoon se eie keuse is maar die prentjie verander drasties as kinders ook in die prentjie kom en moet die invloed wat dit op sodanige kinders het ook in ag geneem word.

Ongeag hoe sterk of goed die een liefde vir 'n man of vrou is mag en kan dit NOOIT OOIT die liefde vir 'n kind of kinders oortref nie en indien die slegte liefde van die ander ouer die kind of kinders ernstig benadeel, skade aandoen en sy/hulle toekoms opneuk, dan behoort dit so duidelik soos daglig te wees dat dit NIE KAN WERK nie en so iemand juis ter wille van die kinders moet, moet wegkom.



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste