Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Dwelms En N Giftige Verhouding

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 989

In baie, indien nie die meerderheid nie, giftige en ongesonde verhoudings speel dwelms belangrike rol en ek wil my verstou

Verhoudings  


In baie, indien nie die meerderheid nie, giftige en ongesonde verhoudings speel dwelms 'n belangrike rol en ek wil my verstout om te beweer in 'n effens meer positiewe as negatiewe verband.

In genoemde verband wil ek net meld dat spesifiek verwys na die "beter" soort soos dagga en cat en dat die slegte en verslawende soort soos meth en LSD onder geen omstandighede as positief gesien kan word nie en ek is amper doodseker dat ernstige gevalle van kindermishandeling en ander misdade 'n kombinasie is van 'n giftige verhouding EN die slegte, totaal afbrekende soort dwelms.

Die uitwerking van cat is dat dit mens goed en baie sosiaal laat voel en mens kan maklik vir dae sonder slaap of kos klaarkom (die niks eet nie en 'n gedurige gesnuif soos met verkoue is terloops 'n amper sekere teken dat iemand cat gebruik) en met dagga is dit die teenoorgestelde waar dit mens se sintuie en emosies afstomp tot op 'n traak-my-nie-agtige vlak.

In die geval van 'n giftige verhouding dien veral eersgenoemde soort as 'n uitlaatklep en ontvlugting van die werklikheid waar alles onder 'n valse dekmantel van "goed gaan" en dinge rooskleurig lyk omskep word. Op 'n manier IS dit dan ook werklikheid en gaan dit werklik "beter" met die verhouding terwyl dwelms gebruik word aangesien dit heelwat van die gif en negatiewe aspekte van die verhouding uitneutraliseer. (Met cat die euforie van goed voel en met dagga die onderdrukking van die seerkry).

Veral met kinders betrokke het ek al uit persoonlike ervaring gesien dat die kinders letterlik veiliger is terwyl die oortreder onder die invloed van dwelms is as wanneer hy daarsonder is en sy humeur en woedeuitbarstings te enige tyd kan losbars. Dieselfde geld ook vir die slagoffer waar sodanige dwelms dikwels voorkom dat die persoon 'n senuwee ineenstorting kry en knak van al die emosionele druk en mishandeling.

Bogemelde is geensins om dwelmmisbruik goed te praat nie en bloot vanuit die oogpunt dat mens soms 'n keuse moet maak tussen sleg en slegter en van my oogpunt is die "beter" soort dwelms gebruik 'n beter opsie as 'n ernstig aangerande of vermoorde kind.

Dit is egter NIE op die lange duur geldig nie en veroorsaak 'n bose kringloop waar sodanige dwelm misbruik nie net skuldgevoelens kweek nie, maar ook finansiele probleme en dit die druk op 'n alreeds giftige verhouding net vererger en die afhanklikheid van dwelms om dit te hanteer net verhoog.

Wat mense wat nog nooit dwelms gebruik nie maklik sal verstaan nie, is dat dit veral met die "beter" en nie-skadelike soort NIE regtig net om die dwelms (verslawing) gaan nie en dat die gewoonte (ritueel, manier van gebruik) sowel as omstandighede (giftige verhouding, werkloosheid, familie en vriende) net so 'n groot rol speel in sodanige verslawing.

Ek glo dat feitlik enigiemand wat ek ken (ek ken niemand wat die slegte soort gebruik nie) wat dwelms gebruik, in staat is om sonder sodanige dwelms klaar te kom in 'n liefdevolle en stabiele omstandighede maar vir jare sal aangaan solank as wat die omstandighede wat dit veroorsaak steeds bestaan.

In hierdie opsig verhoog dwelms dan ook die elementere probleme van emosionele mishandeling weens verskeie redes.

* Dit skep 'n nog groter valse, maar tog ook so egte, werklikheid want dit is 'n FEIT dat die twee persone in 'n giftige verhouding se "beste tye" is wanneer hulle saam dwelms gebruik.

* Dit stomp die gevoelens en emosionele sy af en maak dinge meer draaglik en aanvaarbaar en op sigself skep dit dus nog 'n valse werklilkheid.

* Dit is 'n negatiewe kringloop wat mettertyd na ander terryne oorspoel soos finansies, werks- en verhoudingsprobleme met ander waar bande met "skoon" vriende en familie gebreek word en vriendskappe gesmee word met ander dwelmgebruikers.

* Dit is onwettig en kan ernstige gevolge hê indien gevang word maar dit is dan ook juis die opwinding en gepaardgaande adrenalien wat deel vorm van die gewoonte en ontsnapping uit 'n feitlik NIKS bestaan.

* Dit Is en bly dwelms en verhoog die risiko om oor te skakel na die slegte soort (wat goedkoper is) en as eers daarmee begin word is dit verby,

Veral met kinders betrokke raak die probleme en risiko van dwelms net te groot om op enige manier te regverdig maar die probeem soos ook in ander pos gemeld, is dat sodanige persone NIE self daaruit kan kom nie MAAR buitestaanders ook NIE kan en mag inmeng nie, behalwe vir werklike drastiese optrede of wanneer iets ernstig gebeur het met byvoorbeeld die kinders.



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste