Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Soek Jy Dalk Werk?

Category: Verdien Geld

Date: 2016-09-13

Likes: 182

"God gee vir niemand werk nie, ook nie geld of kos of klere nie; God is in ons en alles is daar maar dit is ons verantwoordelikheid om ons geloof in DAAD te volvoer".

Verdien Geld  


"God gee vir niemand werk nie, ook nie geld of kos of klere nie; God is in ons en alles is daar maar dit is ons verantwoordelikheid om ons geloof in DAAD te volvoer"

Geloof sonder die daad is nutteloos, so om te bid dat "god" vir ons werk gee, dat "god" voorsien, dat 'god" ons sal beskerm of help of of of of, is om te verwag dat GOD ons dienaar moet wees, vir ons moet gee en help en voorsien, kos op ons tafel sit en sommer ook skottelgoed was daarna.

ONS is GOD se dienaars en God is in ons, en dit is ONS wat die geloof, sy woord, lewendig moet maak in ons lewe.

Die Bybel se God is GEES en dit wat vlees, natuurlik is, gaan hom nie aan nie so God bemoei hom nie met die natuurlike, vleeslike lewe van ons nie. God is Liefde, God is Gees, God is in alles, en DAARDEUR voorsien hy, DEUR die natuur, selfs kos aan elke voeltjie, maar beslis nie ontbyt in die bed nie.

God is nie 'n Harry Potter towerstaffie swaaiende "god" nie en sal nie 'n bord kos voor 'n honger kind optower selfs al bid die hele wereld saam daarvoor nie. God is Gees en Liefde en in ons en iemand, selfs net een persoon, moet uit die vrugte van die gees, uit liefde, opstaan, 'n bord kos gaan maak en voor daardie honger kind sit en daardeur die geloof deur die daad volvoer.

EK IS DOOF, 100% GEHOORGESTREMD en dit is NIE maklik vir 'n dowe, "kommunikasie disabled" persoon om in die stawe horende wereld mee te ding war alles oor kommunikasie gaan nie, tog werk ek al 10+ jaar vir myself, het ek en sal nog dinge doen wat min horende mense my kan nadoen, met net matriek, geloof in myself en God en die bereidwilligheid om my geloof in daad te volvoer.

Daar is seker honderduisende mense daar buite wat sit en WAG, ja wag vir werk, vir "god", vir iemand anders om vir hulle werk te gee, hulle met 'n lepel te voer want hulle kan nie vir hulself dink nie, vir hulself werk en doen nie, nie eens inligting, eboeke, hulp en raad en motivering wat GRATIS beskikbaar is, lees nie want dit is teveel moeite.

Ek probeer al hoe lank om mense te kry en aan te moedig om SAAM met my te begin vir hulself werk maar ek loop my vas teen bogemelde, teen negatiewiteit, twyfel, ongeloof en sulke dinge van die duiwel, want net soos die goeie, die geloof, liefde, opregtheid, hardwerkendheid, fluksheid, bereidwilligheid, vrugte van die gees, van God in ons is, net so is die teenoorgestelde die vrugte van die vlees, van die duiwel in ons.

Ja maar daar is scams, ja maar ek het nie geld nie, ja maar ek weet nie hoe nie, ja maar, ja maar ja maar ... So WHAT ... Daar is slegte mans en vrouens, so is almal sleg, jou ma en pa en broer en suster en kind ook?

As 'n mens iets negatief teenkom, is dit reg om dan negatief teen oor alles te wees? Word so 'n mens dan self negatief en dra die vrugte van die bose?

Of bly so 'n mens positief, dra hy die vrugte van die gees en skakel JUIS die negatiewe om in positiewe?

Laat ek nou dit vir jou se.

Daar is baie geleenthede daar buite en ek kan boeke daaroor skryf, maar niks sal werk as jy nie SELF die wil, geloof en DAAD het om dit te laat werk nie en ek kan nou vir jou se baie min mense het dit want hulle maak staat op "god", op ander, in plaas van hulself en dit is dan ook die verskil tussen ryk en arm, want die rykes DOEN en die armes sit en wag vir iemand anders om vir hulle te doen, te dink, te gee, te leer.

Ek het feitlik niemand nie, niemand vir wie ek kan vra nie, nie eens mee gesels oor my besigheid nie, raad vra nie, tog het ek alles self geleer, self gedoen, selfs programmering waarvan 'n gekwalifiseerde programmeer gese het wow, nie eens baie gegradueerdes sal DIT kan doen nie.

Maar as ek 'n hele website opstel (www.saweb.info) met inligting, motivering, selfs 'n gratis eboek wat enige gewone mens BAIE kan leer oor geldsake "Die Rykste Man in Babylon", wat nogal ooreenstem met wat die Bybel mens leer oor geld, dan is dit teveel moeite om te lees, te leer, VIR DAARDIE MENS SE EIE VOORDEEL EN TOEKOMS.

Maak dit sin? Hoekom kan 'n DOWE persoon homself leer, vir ander probeer help en leer, maar perfek normale HORENDES kan nie of meer akkuraat, WIL NIE???

Toets dit gerus.

Share hierdie met 'n paar mense, en vra hulle dan die volgende dag of hulle NET hierdie stuk GELEES het.....



Verdien Geld Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste