Vir ons as mense is dit nooit maklik om totsiens en vaarwel te se nie tog is dit SO deel van ons lewe as vleeslike
Algemeen
Vir ons as mense is dit nooit maklik om totsiens en vaarwel te se nie tog is dit SO deel van ons lewe as vleeslike mens. Ons se totsiens aan 'n geliefde wat vir 'n ruk moet weggaan of aan kinders wat hulle eie potjie gaan krap of vaarwel aan iemand wat die tydelike met die ewige verruil.
Vandag wil ek vaarwel se aan my suster se dogter, Estelle Erasmus, wat na 'n lang leiding met 5 soorte kankers vanoggend uit haar leiding verlos is en die tydelike met die ewige verruil het en 'n man, twee jong kinders en almal agterlaat.
Dit is met sulke tye dat mens dikwels besin oor ook jou eie lewe en die volgende wat ek gister gepos het.
"There comes a day when turning the page is the best decision for you because you realize there's so much more to the book that the page you were struck on."
'n Nuwe bladsy omslaan, 'n nuwe boek begin, totsiens en vaarwel se aan die oue en dit wat deel uitmaak van wat verby is, is onvermydelik en onafwendbaar want selfs hierdie wereld en heelal waarin ons is, is natuurlik en tydelik en kan nie vir ewig aanhou nie.
Tog, is my vraag vandag, HOEKOM is dit dan so moeilik om totsiens en vaarwel te se aan die negatiewe dinge, die slegte dinge, die mense en alles wat 'n giftige en afbrekende invloed op 'n mens se lewe het?
Dit behoort tog nie so te wees nie of hoe? Met die kort tyd wat elkeen van ons het, waar selfs pasgebore babas en jong kinders more nie meer met ons mag wees nie, behoort ons nie JUIS dan ons energie en krag en ons alles daarin te sit om totsiens te se aan die negatiewe dinge en nuwe en positiewe dinge met 'n nuwe bladsy en boek aangryp en najaag nie?
Daarom dan, met die afsterwe van 'n regte vegtertjie wat reeds amper 'n jaar gelede "op haar laaste was" en niemand verwag het so lank sou lewe nie maar aangehou veg het tot haar laaste asem en laaste kragte om by haar kinders, man en almal wat sy liefhet te bly, wil ek die volgende van een en elkeen wat hierdie lees vra.
Veg soos sy met al jou kosbare krag en alles waarvoor jy dankbaar kan wees om totsiens te se aan die negatiewe en verkeerde en afbrekende dinge in jou lewe en die goeie, positiewe en opbouende dinge in te bring met 'n nuwe bladsy en nuwe boek.
NIE EEN VAN ONS gaan vir ewig lewe nie en eendag gaan elkeen van ons voor God's troon moet staan en sy vraag beantwoord? "WAT HET JY MET DIE LEWE EN TALENTE WAT EK VIR JOU GESKENK HET GEMAAK? WEERSPIEEL DIE VRUGTE VAN DIE GEES NAAMLIK, liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing, OOK IN JOU LEWE WAT VERBY IS?
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry..
Toe 'n skraal,
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel..
Maar
Wat is web berging? (Web Hosting).
Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing..
Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was..
Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente..
- Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie..
Ek sal wel na die