Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

So Bietjie Met Die Dames Baklei

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 93

Nou kyk, ek is man en mal oor die vroulike geslag van klein tot groot en gaan so bietjie "baklei" om die regte redes wan

Verhoudings  


Nou kyk, ek is 'n man en mal oor die vroulike geslag van klein tot groot en gaan so bietjie "baklei" om die regte redes want julle stel my dikwels teleur en ek verwag beter van julle. Ek WEET ons manlike geslag het 'n skroefie of twee los maar dit kan meestal slegs deur 'n paar harde klappe van die lewe reggestel word so ek gaan miskien eers later so 'n paar klappe uitdeel.

Visualiseer 'n bietjie een van die dogtertjies wat jy ken, daardie skatlike bondeltjie vreugde wat so spontaan liefde gee en ontvang, haar poppies of troeteldier soos 'n moeder vertroetel en tog hand en tand kan baklei vir haar maatjies en die wat sy liefhet.

Vir my is sulke dogtertjies die toonbeeld van God (en God is Liefde) in die mens en ek sal nooit genoeg kan kry van die spontaniteit waarmee hulle 'n drukkie kan gee of ontvang nie, van die sigbare vreugde as jy hulle komplimenteer of iets vir hulle gegee of gedoen het nie. Ek kan nie genoeg kry van die liefde en reinheid wat uit hulle straal nie en trouens, ek het al baie keer GEVOEL hoe vrede en krag letterlik uit so 'n klein lyfie na my kan oorspoel.

(Die eerste keer dekades gelede. Geskei, vrou en kinders weg, probleme orals, lang pad geloop om by vriende te kuier en liggaamlike en geestelik so moeg dat ek gevoel het ek kon sommer net gaan staan en nie 'n hel omgee of ek doodgaan of nie. Hulle pragtige sowat 4 jarige blondekoppe het uitgestorm toe ek by die hek inkom en my omhels toe ek op my knee neersak en minute lank doodstil so gestaan terwyl ek letterlik die krag in my voel vloei en toe ek opstaan gevoel het of ek berge kan versit)

Moeders, die krag en lewe van ons volk, enige volk, is ook veronderstel om so te wees. Soos Christus en 'n klein dogtertjie, sag, liefdevol, 'n omgee mens maar tog ook sterk sodat selfs die duiwel nie teen hulle kan staan nie want dit is juis daardie liefde, God in hulle en sagtheid, wat hulle sterkste wapen is waarmee enigiets oorwin kan word.

Wat, wil ek nou baklei en vra, het daarvan geword in heeltemal TEVEEL vrouens van vandag?

Die swaarkry, seerkry, omstandighede en ander mense het julle uit selfverdediging harder gemaak ja maar dit is twak en julle bagasie wat JULLE SELF SAAMDRA wat die uiteindelike rede is dat die sagtheid, liefde en omgee diep in julle harte toegesluit is en dit is verkeerd want dit dryf julle weg in plaas van nader aan God en dit en wat julle is.

Mishandeling, misbruik, verkragtiging, drank, dwelms, seer en swaarkry en dalk selfs 'n psigopaat was dalk die OORSAAK ja maar God en sy liefde is IN JOU en deur JOU en daar is geen sterker en genesende krag as DIT in die hele heelal nie en dit is JUIS DIT wat jy dan toegesluit het in plaas van om dit te gebruik ter genesing en om God, en dus ook LIEFDE, bo alles te stel.

Alles kan van 'n mens weggevat word maar God, liefde en jou GEES is die EEN ding wat niemand, nie eens al die magte op aarde of die duiwel self, van 'n mens kan wegvat nie behalwe daardie mens self en DIT is presies wat die duiwel in teveel gevalle reggekry het, om jou liefde, gees en God in jou hart toe te sluit.

Stel jou hart, jou liefde, gees en God vry en word weer soos 'n dogtertjie sonder die bagasie van die lewe want soos die Byel sê aan diesulkes behoort die Koningkryk van God want ook ons, die mans, die kinders, die samelewing en God het jou nodig.

(Bygevoeg)

Moet jouself nie bluf dat alles in jou hart reg is met God as jy haat, 'n wrok of onvergewensgesindheid in jou hart ronddra nie want sulke dinge is sigbaar in dade van afsydigheid, wegstoot, onbarmhartigheid en 'n "just live from day to day en the hell with the rest" houding.

Dink mooi. Natuurlik weet en verstaan ek hoe sleg en boos die lewe 'n vrou kan behandel, maar daardie vrou doen haarself, God, kinders en almal rondom haarself amper net so 'n groot onreg aan deur toe te laat dat dit haar oorheers, oorrompel en verander ten koste van JUIS haar eie geliefdes en haarself.

Vra jouself ook of God dit oor jou laat kom het sodat jy 'n martelaar en gebroke mens word en bly, of het Hy dit dalk nie toegelaat sodat jy as OORWINNAAR kan uittree en daardeur soveel meer vir jouself, jou geliefdes, naaste en God self kan beteken nie? Is DIT nie waarvoor HY wag sodat Hy JOU gebede, deur jouself, kan beantwoord en volbring nie?



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste