Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Die Twee Gebooie Wat Eintlik Drie Is

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 159

In die nuwe testament toe die Fariseers in Matt 22:36 vra wat is die groot gebod in die wet, het Christus geantwoord."Jy moet d

Verhoudings  


In die nuwe testament toe die Fariseers in Matt 22:36 vra wat is die groot gebod in die wet, het Christus geantwoord.

"Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhe soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete".

Alhoewel daar verskil word oor of hierdie twee gebooie die ou testament se 10 gebooie vervang of nie, is dit nie regtig so belangrik nie en die kern van die saak is dat, as jy God liefhet bo alles en jou naaste soos jouself, jy outomaties nie enige van die 10 gebooie sal oortree nie of anders gestel, waar die 10 gebooie iets verbied of 'n plig op jou plaas, dan sal bogemelde twee automaties dieselfde doen, nie direk nie maar indirek. (Jy mag nie steel of doodslaan nie en eer jou vader en moeder is tog ook wat "jy moet die Here jou God bo alles liefhê en jou naaste soos jouself" impliseer).

Daar moet ook onthou word dat daar baie ander sondes is wat die Skrif verbied en dit is nie onder die 10 gebooie ingesluit nie terwyl hierdie twee gebooie, alles insluitend is en dit dan ook is hoekom Christus sê om hierdie twee draai die hele wet en professie.

Na baie jare van ander mense help tot "nadeel" van myself en 90% van my "probleme" in werklikheid ander mense se probleme is waarmee ek help het ek eers na die ouderdom van 45 of so besef daar is eintlik drie gebooie in hierdie twee opgeneem.

1) Jy moet die Here jou God liefhê bo alles
2) Jy moet jou naaste liefhê soos jouself

en omgekeerd

3) Jy moet jouself liefhê soos jou naaste

Ek as mens lewe vir liefde en alhoewel ek nie daarvan hou om dit SO te stel nie, is dit tog so dat God liefde is, en om vir liefde te lewe, dus ook is om vir God te lewe. (Ek is nie 'n "godsdienstige" in die opsig dat ek God se naam orals en elke dag gebruik en verkondig nie want vir my is dit genoeg om deur my DADE en my liefde die vrugte van die Gees te vertoon en sê die Bybel dan nie dat ons nie ons liefde met woorde nie, maar deur ons dade moet toon nie?)

Daar is egter 'n probleem want hierdie laaste twee staan dikwels lynreg teenoor mekaar

Aan die een kant spandeer ek al my tyd, geld en energie om my dogter en ander mense te help en gaan my 10 jaar lange besigheid al hoe meer en meer agteruit en is die moontlikheid daar dat dit enige tyd kan vou.

Aan die een kant is daar mense wat se dit is dwaasheid, dat ek OOK aan myself moet dink en baie ander dinge wat perfek sin maak vir my verstand maar aan die ander kant se my hart nee, my dogter het my nodig en dit is tog waaroor liefde, God en jou naaste gaan.

Dinge is ook baie, baie meer gekompliseerd deurdat ek byvoorbeeld ALLEEN is want met iemand BY my sal sodanige persoon eerste kom en aangesien ekself gelukkig is as ek iemand gelukkig maak, sal ek noodwendig ook na myself en besigheid kyk want sekerlik sal ek nie iemand BY my aan die risiko van geen besigheid en inkomste blootstel nie.

Verder ook, WAT help dit om hope geld te verdien, maar omdat ek vir liefde lewe, ek daarsonder soos 'n niks en lee dop voel nie en 'n suksesvolle besigheid en geld van geen waarde vir my is nie.

O ek besef goed dat ek soveel meer kan omgee en help as my eie omstandighede vas en stabiel is, maar dit gaan oor tyd want my dogter en ander het my NOU nodig net soos my besigheid my volle aandag nou nodig het maar sukkel en sukkel ek om op die besigheid te konsentreer met al die probleme en dinge in my agterkop. HOE kan enige mens dit uit sy kop kry as jou dogter moontlik honger, alleen en moontlik op die rand van 'n instorting staan en in die kloue van 'n moontlike psigopaat is EN jy terselfdertyd teen die welsyn, polisie sowel as howe staan?

Die "mediator" wat ons moet gaan sien voor die hof enige bevel maak, kos R750 per uur en dan moet ek ook nog 'n tolk kry teen amper dieselfde tarief en is EK verantwoordelik vir sodanige kostes aan beide kante. (volgens hofbevel - ek kan nie die hof nou daaroor aanvat nie maar sal nog hehe)

As ek dan so sit met die stryd tussen hart en verstand dan weet ek my hart gaan wen (Nee.. het en sal altyd wen) want dit is wie en wat ek is. 'n Liefdevolle, omgee mens wat my lewe vir my naaste sal gee, hoeveel te meer dan nie vir my eie dogter en kleinkinders nie.

Die kern van God, liefde en geloof is dan juis ook om liefde en dus ook vir God, bo alles te stel en te glo dat die res wel sal uitwerk.

Naskrif

Vanaf die oogpunt van die blad wil ek egter ook 'n waarskuwing rig en dit is dat mens se hart NIE, en ek herhaal NIE altyd reg is nie en soos ek in twee vorige artikels al uitgewys het regverdig "liefde" en jou hart nie alles nie.

'n Mens kan nie jou hart en liefde vir 'n man gebruik as rede om by 'n dronkaard, ongelowige, geweldenaar of slegte man te bly nie want sou Christus in 'n verhouding met so iemand wees ongeag sy suiwer liefde? Nee, hy sou nie en JUIS asgevolg van sy liefde wegbly, God bo alles stel en se "KOM NA MY" toe en nie andersom dat ek na jou toe, jou vlak, jou dade sal kom nie.

So in daardie opsig is jou MENSLIKE hart verkeerd en veral as daar kinders betrokke is, behoort jy hulle mos juis asgevolg van moederliefde teen slegte invloede, seer en swaarkry te beskerm en hulle nie amper letterlik te vonnis met 'n lewe van leiding en swaarkry asgevolg van jou "liefde" wat een mens selfs BO GOD en jou eie kinders stel nie.



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste