Met bogemelde statement sal ek seker aangeval word deur meeste mense maar tog volstaan ek daarby dat emosionele
Verhoudings
Met bogemelde statement sal ek seker aangeval word deur meeste mense maar tog volstaan ek daarby dat emosionele mishandeling dikwels baie erger is as molestering en verkragting en ek verduidelik dit as volg.
Op sigself beteken die fisiese daad van molestering en verkragting nie regtig veel nie en is daar miljoene mense wat PRESIES dieselfde daad elke dag uitvoer saam met vriende, geliefdes en so aan en die verskil tussen die normale en slegte is sielkundig, emosioneel en moreel van aard.
As twee kinders uit nuuskierigheid met mekaar se geslagsdele speel, is dit molestering? As twee mense gemeenskap het, is dit verkragting?
Nee dit is nie en word as normaal aanvaar so die kern van molestering en verkragting lê in die slegte bedoelings van die oortreder en die onskuld en sonder om te weet wat aangaan of toestemming gee van die slagoffer.
Molestering en verkragting is fisies gesproke eintlik nie eens erger as werklike liggaamlike geweld en mishandeling nie en daar kan trouens selfs geen liggaamlike skade hoegenaamd wees nie.
Wat dit so erg en traumaties maak, is dus die emosionele, sielkundige en geestelike aard van die daad en misdryf en DIT is erg en baie kinders en vrouens sukkel jare en selfs vir altyd om die geestelike, sielkundige en emosionele letsels daarvan te oorkom.
Nou dink bietjie. WAT is emosionele mishandeling, veral deur 'n psigopaat, dan anders as geestelike, sielkundige en emosionele molestering en verkragting?
In haar onskuld besef en weet so iemand nie eens wat gebeur nie en verstaan sy nie die slegte bedoelings van die oortreder nie en net soos met molestering en verkragting van onskuldige kinders waar hulle oortuig word dit is hulle eie skuld en dit is beter dat hulle moet stilbly, word die "skuld" ook op die slagoffers van sielkundige mishandeling gepak met dieselfde doel plus om hulle te breinspoel om mettertyd feitlik enigiets bloot te aanvaar en mee te doen.
Hulle siel, hart en gees word geweldadig met woorde ingedring, aangeval, verwoes en verskeur nie net een keer nie maar deurlopend, van dag tot dag, jaar in en jaar uit en gekamoefleer in die naam van "liefde" en die kern van jou menswees en menswaardigheid word vernietig en vervang met die psigopaat se bose "alter-ego" sodat die slagoffer verder niks anders as sy emosionele en sielkundige (seks)slaaf is nie.
As net EEN woord soos "kaf..", "slet", "white trash", "moffie" en so aan iemand so diep kan seermaak, veral deur 'n GELIEFDE, dat hy/sy 'n emosionele uitbarsting kry, WAT dan van die psigopaat se gedurige en aanhoudende afkraak, gevloek, geskree, woede, emosionele verkragting wat net aan en aan en aanhou?
En meer nog, as dit SO 'n effek op 'n groot, volwasse en dikwels gekwalifiseerde en intellegente VROU kan hê, hoeveel te meer nie op KINDERS wat amper vanaf geboorte blootgestel word aan 'n psigopatiese ouer wat sodanige kinders hulle hele lewe lank emosioneel kan mishandel nie?
Tog word die verkragting en vernietiging van iemand se menswaardigheid, emosionele, morele, sielkundige en geestelike self grootliks geignoreer en is daar geen hulp, ondersteuning en selfs net begrip beskikbaar nie.
Iets om oor te dink nê? Verkragting = Emosionele skade deur 'n fisieke daad.
'n Mens kan maar se die sielkundige en emosionele aard van veral 'n vrou se geslagsdele stel haar bloot aan sielkundige en emosionele wonde (geestelik) deur fisieke (vleeslike) dade.
Dit toon baie duidelik presies hoeveel skade deur sielkundige en emosionele wonde opgedoen kan word so as dan daaraan gedink word dat met die woord, optrede en ales in geheel, 'n vrou en kind amper daagliks, sonder ophou en vir jare, sielkundig, emosioneel en geestelik gewond, vermorsel en vernietig word, dan begin die prentjie van sielkundige mishandeling duideliker word.
Terwyl dit plaasvind is die vrou en kind in amper dieselfde mate van passiewe skok en breinstilstand as met verkragting, maar as die oortreder die slagoffer eers los of hulle wegkom, DAN tref die volle omvang van ALLES, maande en jare se sielkundige verkragting van hart, siel, gees en menswees soos 'n vuurwarm mes in haar hart, siel en gees.
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry..
Toe 'n skraal,
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel..
Maar
Wat is web berging? (Web Hosting).
Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing..
Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was..
Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente..
- Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie..
Ek sal wel na die