Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Kinders Die Werklike Slagoffers

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 775

Wat min vrouens in giftige verhouding besef is dat hulle kinders eintlik die werklike slagoffers is nie net van die pa se

Verhoudings  


Wat min vrouens in 'n giftige verhouding besef is dat hulle kinders eintlik die werklike slagoffers is nie net van die pa se kant nie, maar ook van hulself, die ma se kant.

'n Vrou wat kinders kan hê is reeds 'n volwassene, 'n mens in eie reg wat haar eie keuses en besluite kan maak en as SY verkies om 'n slagoffer en martelaar te wees kan mens niks daaraan doen nie, maar wat sy vergeet, is dat SY OOK verantwoordelik is daarvoor om keuses en besluite ter wille van HAAR KINDERS te maak en deur in sodanige verhouding te bly, SY SELF verantwoordelik is daarvoor dat haar EIE kinders se lewe en toekoms opgeneuk word deur fisiese en/of sielkundige mishandeling sonder dat HULLE enige keuse het want MA het namens hulle die vonnis op hulle afgedwing.

Dit is presies wat dit is. Letterlik 'n VONNIS van gif, vernietiging en 'n kanker wat hulle HELE lewe gaan en sal verwoes want dit is SY, die MA wat die mag het om hulle daaruit te red of te dwing met HAAR keuses en besluite.

WAT is en was sulke ma's se "drome" vir haar kinders toe hulle gebore is? Moederliefde? Beskerming teen alles, die beste vir hulle wil he en gee. Hulle grootmaak as goeie, sterk, selfstandige kinders en latere volwassenes? 'n Ma EN pa wat hulle liefhet, wat omgee, wat hulle tyd en alles daaraan wy om die beste uit hulself te haal vir hulle kinders en die beste uit die kinders te haal en vir hulle aan te bied?

En wat het daarvan geword? In plaas van bogemelde 'n lewe van hel. Fisiese en/of emosionele mishandeling? Moederliefde en beskerming teen alles het by die deur uitgevlieg. In plaas van vir hulle die beste gee, 'n ma en pa wat omgee, word hulle die slegste gegee, 'n pa vir wie alles net om HOMSELF draai, 'n ma wat self 'n slagoffer is en bloot van dag tot dag probeer oorlewe en haar kinders blootstel aan gevloek, dronkenskap, dwelmmisbruik, woede, aggressie, hongerte, swaarkry en lyding.

Al die fases in kinders se grootword proses is gebasseer op hulle ouers maar dit alles word opgeneuk en opgevoeter en hulle word self groot as wanaangepaste en sosiale verworpenes en DIT weer op HULLE kinders gaan oordra want die Bybel se die sondes van die vaders word besoek aan die kinders tot in die derde en vierde geslag van die wat my haat.

Die eerste jaar is die bondingstydperk vir enige baba maar met 'n liefdelose pa, ma wat selfs nie eens weet of sy kom en gaan nie en familie wat wel omgee maar weens die OUERS se GIF weggestoot word, word dit opgeneuk en is daardie bondingstydperk vir EWIG verlore en het daardie kind reeds na sy eerste jaar daardie met ander mense "bond" agterstand bo normale kinders wat in 'n liefdevolle en omgee huis grootgeword het.

Dit is die eerste jaar wat die baba laat glo dan dat die wêreld en die mense rondom hom betroubaar is en dit word die eerste BOUBLOK waar hy ook positiewe gevoelens oor homself koester. Die warmte van die ouer-kind verhouding stel die kind in staat om frustrasies en angs te verdra en dit is DIT wat van hom/haar weggeneem word gedurende hierdie tydperk. Vir altyd want die eerste jaar is verby.

Gedurende die 1 - 3 jaar oud fase ontwikkel die kind ‘n verstand en wil van sy eie, en leer hy hoe om dinge vir homself te doen. Die kind wat selfstandigheid ontwikkel leer om meer beheer oor sy lewe uit te oefen en ontwikkel ‘n gevoel van selfvertoue in sy vermoë om keuses te maak maar in 'n giftige verhouding, veral waar 'n psigopaat betrokke is, word juis dit, net soos in die moeder se geval, vernietig en vertrap en mag die kind nie vir homself dink nie, mag die kind nie selfstandigh wees en ontwikkel nie en mag die kind nie beheer oor sy eie lewe uitoefen en sy selfvertroue opbou nie.

Die kind word 'n pion, 'n totale niks sonder enige eie wil of persoonlikheid en word tot in die afgrond in verskree, vertrap, afgebreek en vernietig, met fisiese of emosionele geweld want met'n fisiese hou teen die kop bly die letsels lank, maar met emosionele GEWELD gaan die wonde diep en vat dit bitter lank vir die hart, siel en geestelike wonde om te genees.

Gedurende die 3 - 5 jaar fase is die belangrikste ontwikkelingsfase inisiatief en spruit voort uit ‘n gewillingheid om dinge te probeer en die selfvertoue om kanse te waag. ‘n Kind wat inisiatief ontwikkel kan teen die ouderdom van 4 jaar voel dat die wêreld inherent ‘n goeie plek is. Modellering van volwassenes se gedrag kom voor en die kind wil graag soos sy ouers wees. In plaas van dit en met die vooraafgaande, word inisiatief en die eie ek van 'n kind in 'n giftige verhouding ook afgebreek en vernietig. Leer die kind dat die wereld inherend 'n BOSE in plaas vna goeie plek is en word die kind se selfvertroue soos 'n slang onder die haakskeen vertrap en vermorsel en word die gif wat sy ouers hom voer, ook in die kind se eie lewe sigbaar.

En DIT is dan maar nog net die begin fase so WAT van die RES, die RES van die kind se lewe en toekoms?

Is DIT wat jy vir jou kind beplan het en wil he? Is DIT hoe jy die OUERSKAP, sorg en verantwoordelikheid wat GOD aan jou opgedra het, nakom?

Wat gaan jy eendag sê as God jou vra.

"WAT het jy met die liefde, talente en verantwoordelikheid gemaak wat EK vir JOU gegee het? Het jy MY bo alles geplaas of het jy die perels van jou liefde, talente en verantwoordelikheid vir die varke gegooi om te vertrap en een mens bo MY en jou kinders en alles gestel?"



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste