Ek was vir 20 jaar getroud met man wat die laaste 10 jaar baie anders was as toe ons getroud
Verhoudings
Ek was vir 20 jaar getroud met 'n man wat die laaste 10 jaar baie 'anders' was as toe ons getroud is. Ek het met 'n persoon gepraat daaroor en sy het genoem dat haar suster met iemand getroud was wat baie dieselfde opgetree het en dat die man as 'n psigopaat geklassifiseer is.
As enige ander persoon hom ontmoet of met hom gesels, kuier, sal jy dink hy is die beste onder die son. Maar tuis het hy soos handomkeer verander. Daar het hy vir my vertel hoe sleg ek is en vir die kinders dat hulle 'n hoer en slet vir 'n ma het. Dan sal hy gaan slaap asof daar niks fout is nie. Hy ontken ook dat hy enigsins iets soos dit gesê het of sou sê. Hy het ook nooit geglo dat iets wat hy doen of sê verkeerd is nie en dat die hele wêreld verkeerd is en teen hom is. As iets verkeerd sou loop, veral by die werk, dan was hy die 'teiken'.
Hy het verskeie buite-egtelike verhoudings gehad, selfs nou meer openlik as toe (die saak is nog nie afgehandel nie). Hy sien niks verkeerd daarmee dat hy met ander vrouens deurmekaar was nie maar as ek vriendelik was met 'n man, was daar HEL!
Hierdie is maar net 'n opsomming van als wat gebeur het, my storie is baie langer as dit. Ek wil egter die beste vir my kinders hê en wil hulle probeer beskerm teen enige verdere emosionele trauma - dis immers hoekom ek die egskeiding begin het. Ek is in die duister omtrent sy optrede en weet nie of dit in die toekoms gaan herhaal en hulle daaraan blootgestel gaan wees terwyl ek nie naby is om hulle te beskerm nie.
--------------
Nogal interesant dat die eienskappe eers later na vore gekom het. Psigiaters kon tot dusver nog glad nie vastel wat "verkeerd" is met 'n psigopaat nie so dit kan of 'n sluimerende "afwyking" iewers wees of iets wat later plaasvind.
Die tweede paragraaf is feitlik presies soos meeste mense so iemand beskryf waar hy voor ander mense die BESTE goeie mens is en agter toe deure die BESTE "slegte" mens is en sy optrede tussen twee uiterstes wipplank ry.
Met die laaste paragraaf WENS ek daar was 'n "masjien" wat die volgende kon doen. (En trouens, ek wonder nou of ek die "idee" erens, iewers aan wetenskaplikes moet deurgee)
Met die "SIMS" game kan mens mos 'n sameleweing bou met gesin, kinders, huis, werk en so aan en is daar balans waar behoeftes gevul moet word en moet 'n mens genoeg kos, rus, ontspanning maar ook werk en ander dinge doen anders raak die verskillende behoeftes in die rooi.
Wat ek sou wou sien is 'n masjien waar mens die INVLOED van verskillende emosionele en sielkundige behoeftes kon "meet" en weergee sodat 'n mens die opbouende resultaat kan waarneem.
met sodanige masjien kan mens dan liefde, haat, teveel liefde en teveel haat, meer of minder van dit en dat invoer en die resultaat waarneem om DAN eers te kan besef watter emosionele en sielkundige uitwerking dinge op 'n kind het die res van sy lewe. Sekerlik weet ons dat 'n liefdevolle verhouding en 'n giftige verhouding 'n BAIE groot verskil in die kind/ers se lewe en toekoms moet maak maar in hoe 'n mate kan mens maar net raai.
Soos in 'n ander pos oor die "TE faktor" sal mens dan ook die resultate kan sien tussen 'n normale en oorbeskermende (TE faktor) ouer en so aan en DAN eers 'n beter begrip he van WAT ONS aan ONS EIE kinders doen.
Die grootste probleem is dat ons mense normaalweg so besig is om ons eie lewe te lei, te besig is om te werk of te sukkel om vir ons gesin te sorg, te besig is om bloot te oorlewe of om met ons eie emosies in 'n giftige verhouding te baklei, dat ons nalaat om stil te staan en te dink. Te dink HOE mens jou eie kind hanteer, te dink watter invloed dit en omstandighede op jou kind het, nie net nou nie, maar baie waarskynlik vir die res van sy/haaar lewe.
Nou en dan kwaad word is okay. Nou en dan hard of sag wees is okay en so is dit met baie dinge maar seker een van die waardevolste dinge wat jy jou kind kan gee bo en behalwe normale versorging is om gereeld te gan stilstaan en te besin oor alles en te bepaal watter invloed dinge en omstandighede op hom/haar het en dan dienooreenkomstig regstellings te maak.
Min slagoffers van 'n giftige verhouding besef presies watter massiewe onreg hulle self hulle kinders aandoen en dit ter wille van sogenaamde "liefde" vir een persoon. WAT dan van hulle sterker, suiwer MOEDER LIEFDE vir hulle kind of kinders?
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry..
Toe 'n skraal,
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel..
Maar
Wat is web berging? (Web Hosting).
Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing..
Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was..
Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente..
- Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie..
Ek sal wel na die