Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Wat Is Emosies En Gevoelens?

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 251

Liefde en gelukkig wees, haat en ongelukkig wees is van die sterkste en teenoorgestelde emosies wat daar is maar kom ons kyk bie

Verhoudings  


Liefde en gelukkig wees, haat en ongelukkig wees is van die sterkste en teenoorgestelde emosies wat daar is maar kom ons kyk bietjie wat dit regtig is.

Liggaamlik beskou is emosies en gevoelens blote chemiese reaksies in 'n mens se liggaam wat deur die afskeiding van verskillende hormone en chemiese stowwe veroorsaak word op grond van wat in 'n mens se onderbewussyn en bewuste denke aangaan. Vrees skei adrenalien af wat as "boost" dien om die situasie die hoof te bied, begeerte skei hormone af om mens se liggaam gereed te kry en so aan. (Meeste medikasie is of aanvulling, of vermindering of aktivering van sodanige chemiese stowwe in 'n mens se liggaam)

Daar word gesê dat daar baie fyn lyn is tussen liefde en haat en dit is omdat beide die sterkste emosies is en liggaamlik daar feitlik geen verskil tussen die twee is nie en 'n mens met dieselfde graad van intensiteit en gevoelens optree met beide haat en liefde. Iemand wat so-so liefhet, sal so-so haat, en iemand wat intens kan liefhê, sal intens kan haat.

As jy iemand baie liefhet en daardie persoon verkrag en vermoor jou kind, sal daardie gevoel van liefde binne 'n minuut in haat omskakel want die krag van die emosie en gevoel bly dieselfde, maar in jou KOP en jou gedagtes is die "gevoel" of liewer "geloof" van liefde vervang met haat en VOEL jy dienooreenkomstig.

Die rede vir hierdie artikel is egter gelukkig of ongelukkig wees want 'n mens is verantwoordelik vir jou eie geluk of ongeluk.

'n Mens kan selfs in die perfekste omstandighede ongelukkig wees en in die slegste omstandighede gelukkig wees want geluk of ongeluk is nie WAT rondom jou gebeur nie, maar HOE jy daaroor voel op die oomblik. Wat in jou GEDAGTES en onderbewussyn aangaan op die oomblik want DIT op die beurt, sal onbewustelik die nodige hormone en seine en watookal in jou liggaam vrystel om die nodige chemiese reaksie te laat plaasvind om DAARBY AAN TE PAS.

Dink bietjie hoe die Bybel sê God is in ons. Nou, as jou vinger gesny is of jy het 'n virus, dan begin die onderbewussyn die nodige witbloedselle en ander dinge afskei om die wond te genees of die virus te beveg. Jou liggaam temperatuur klim en jy word koorsig om die kieme te vernietig en in die geval van 'n ernstige wond verdoof die brein letterlik die liggaam deur byvoorbeeld skokreaksie om die onmiddelike invloed op jou as mens te beperk.

So, as selfs fisiese skade aan jou liggaam genees kan word, WAT dan van die emosionele sy waar jy letterlik deur jou BEWUSTE denke en gedagtes, jou emosies kan verander en beheer? MOET 'n man wat jags raak, NOU gemeenskap kry ongeag wat, of kan hy dit onderdruk? MOET jy nou ongelukkig voel deur optrede van ANDER, of kan jy dit bloot deur jou bewuste denke onderdruk deur byvoorbeeld op die positiewe te fokus.

Ek het hierdie begin skryf nadat, na soveel ander kere, dit moontlik is dat ek weer iemand gehelp het wat dit nie werd is nie (dit is nie moeite werd om iemand te help wat nie gehelp WIL word nie) maar, in plaas van negatief en ongelukkig voel (al sukkel ekself BAIE, glo my) het ek dit bloot op agtergrond geskuif en fokus op die positiewe want ek het gehelp met skoon en rein gewete en wat daarmee (daarna) gebeur, is nie MY saak nie, maar saak tussen die persoon en God en buitendien help elke geval my om volgende keer beter te onderskei tussen die kaf en die koring en in MEER verdienstelike gevalle te help en... ag tog, as mens net wil, kan daar sommer baie positiewe dinge in enige negatiewe situasie gesien word.

Dit is nie ons omstandighede in die lewe wat ons gelukkig of ongelukkig maak nie, maar ons HOUDING teenoor die lewe. As simple as that.

Dit is terloops ook nie net blote gedagtes en denke nie maar die werklike DAAD agter die geloof voeg. 'n Glimlag, 'n grappie of twee lees en lag, met iemand gesels wat jou goed laat voel, bietjie buite na die blomme of lug gaan kyk want geloof sonder die daad is nutteloos en die Bybel se mens kan nie keer dat voeltjies oor jou kop vlieg nie (negatiewe, maar kan OOK positiewe gedagtes wees) maar jy kan keer dat hulle nes maak op jou kop, of jy kan dat positiewe gedagte oor jou vlieg, maar dan nes maak daarmee, of nie.

Gelukkig of ongelukkig wees beteken ook nie omstandighede aanvaar en niks daaraan doen nie. Jy hoef NIE gelukkig te wees dat jy in die modder is nie, maar jy kan gelukkig wees dat jy in die modder staan en nie le nie. Jy hoef nie gelukkig te wees dat jy nou sukkel en swaarkry nie, maar jy kan gelukkig wees omdat jy ten minste hoop en geloof het in more, in dat dit wat jy doen, jou uit die swaar en sukkel SAL kry.

Positiewe gedagtes kweek positiewe dinge waarvan sommige dinge soos emosies dadelik kan opspring maar ander dinge soos jou duim gesond maak tyd vat terwyl negatiewe gedagtes negatiewe dinge kweek en jy kan jouself siek DINK as jy hard genoeg glo jy is dodelik siek en niks sal help nie, en dus bewustelik jou onderbewussyn en liggaam se genesende aksie blokkeer en letterlik omdraai.

Om 'n kwaai scenario te gebruik WAT kan positief daaraan wees dat my kind doodgery is?

Ek sal eerder dit verkies, as dat my dogter soos Jasmine verkrag en vermoor word. Ek sal eerder dit verkies as dat sy in die hande van 'n psigopaat beland of dat sy gruwelik geskend en gemartel word. Ek sal eerder dit verkies, as dat iemand naby aan my haar verkrag of vermoor of dat EK dit self doen. Dit is nie 'n slegte daad goedpraat nie, maar die positiewe probeer sien want God weet wat hy doen en met Jasmine as voorbeeld, as haar leiding en dood selfs net 10 ander dogtertjies van dieselfde lot red, of haar van 'n nog veel erger leiding waar sy vir jare verkrag en vernietig kon word voor sy vermoor word, dan kan mens "berusting" vind en op die positiewe eerder as negatiewe fokus.

God is in jou en sy krag en almag word in werking gestel deur JOU gedagtes en denke en die uitvoering daarvan in daad, iets DOEN en om blote chemiese reaksies in jou liggaam te laat PLAASVIND "behoort" eintlik baie, baie maklik te wees as dit nie vir jare van die samelewing, mense en lewe se negatiewe breinspoeling was nie.



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste