Advies, Inligting en Meer

Versameling van artikels en ander goed wat ek oor die jare geskryf het

Die Ware Krag En Genade

Category: Verhoudings

Date: 2014-04-28

Likes: 183

God en liefde, duiwel en haat, geluk en ongeluk, rykdom en armoede en so aan is van die uiterste dinge weerskante toe wat die gr

Verhoudings  


God en liefde, duiwel en haat, geluk en ongeluk, rykdom en armoede en so aan is van die uiterste dinge weerskante toe wat die grootste rol speel in elkeen van ons se lewe. Dit defineer ons grootliks as mens, die wie en wat ons was, is en sal wees.

Ondanks die feit dat God, geloof, hoop en liefde die grootste mag en krag van alles is, is daar een ding wat God aan ons as mens geskenk het wat magtiger is as selfs God en alles hierbo.

Daardie ware krag en genade is die sleutel tot ALLES en DIT is keuses.

Keuses is die ware krag en genade

Ek weet dit is vir gelowige mense moeilik om te aanvaar dat die mens self, deur sy keuses, "magtiger" as God is maar as iemand deur sy eie keuses in die lewe hemel of hel toe gaan kan (of sal) nie God of die duiwel hom uit die hemel of hel haal nie.

Die tweede ding wat so dikwels misgekyk word is dat die ware krag van keuses NIE in die "keuse" self is nie, maar in die uitoefening daarvan deur die daad.

Die "groot" keuses, soos om God te gehoorsaam en te volg, op sigself beteken niks want die Bybel se die geloof sonder die daad is nutteloos en dit is dus die dag na dag, uur na uur, sekond na sekond "klein" keuses wat ons maak en uitvoer deur die daad wat die mag van God IN ONS ontsluit.

Of jy 'n liefdevolle of haatdraende mens is, ongelukkig of gelukkige mens, gelowig of ongelowig, ryk of arm het niks met God of die duiwel te doen nie en dit is nie hulle KEUSE dat jy so is nie, dit is jou EIE keuse of JY liefde of haat gesaai het deur eers die keuse en toe die uitvoering deur te glimlag, te omhels of af te jak en te klap. Dit is JY wat in beheer is van jou emosies of jy gelukkig is of ongelukkig, dit is JY wat in beheer is van jou finansies en nie God of die duiwel nie.

Daardie keuses is die sleutel en die dade daaragter die werklike draai en oopmaak van die deur om die mag en krag van God in jou lewe te ontsluit.

God is in die mens en werk ook deur die mens en sy almagtige krag is dus ook in JOU opgesluit, maar dit is JY wat besluit om te loop, dit is JY wat een tree, dan nog 'n tree en dan nog een gee terwyl Hy jou lei as jy jou hart ontsluit het vir SY wil en DIT in elke keuse en daad volvoer.

JY is die somtotaal van jou EIE keuses tot nou, hierdie oomblik en kan 'n baie slegte of goeie mens wees maar dit kan binne 'n oogwink, 'n enkele keuse en DAAD verander deur jou lewe vir 'n naaste te gee of 'n lewe te neem want daar staan geskrewe God se genade bly tot die laaste dag, wat dalk vandag kan wees.

Net soos 'n enkele keuse, binne 'n breukdeel van 'n sekond geneem en uitgevoer, ALLES wat jy jou HELE lewe lank gedoen het, kan verander en omkeer, net so kan jy met elke keuse wat jy van nou af vorentoe maak, berge versit as jy die geloof het en dit met daad volvoer. Die almagtige GOD is in jou om jou by te staan en sy WIL deur JOU te laat geskied vir solank as wat JY Hom dit toelaat deur jou keuses en dade volgens sy woord te volvoer.

Die ware krag en genade is in ELKE keuse en daad wat JY maak opgesluit en net soos 'n boom aan sy vrugte geken word, word ook JY aan jou DADE geken en sal eendag daarvolgens geoordeel word.

DIT is dan ook die ongelooflike genade van God, dat ons nie 'n suurlemoenboom is wat net suurlemoene dra nie, maar die KEUSE gebied word om deur ons vrugte en dade geken te word en dit na enigiets te verander met sy hulp en leiding.



Verhoudings Kategorie

https://www.coetzee.biz/information/64/n-storie-met-n-vriendelike-versoek
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal,
https://www.coetzee.biz/information/63/lees-hierdie-asseblief
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
https://www.coetzee.biz/information/66/belangrik---deel-2
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar
https://www.coetzee.biz/information/643/basiese-vrae-em-antwoorde
Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
https://www.coetzee.biz/information/650/kopiereg
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing.. Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
https://www.coetzee.biz/information/40/doen-om-te-verstaan
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
https://www.coetzee.biz/information/51/n-les-van-n-baba
Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig
https://www.coetzee.biz/information/65/die-werksfonteintjie
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
https://www.coetzee.biz/information/38/as-tyd-geld-was
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
https://www.coetzee.biz/information/45/die-verskil-tussen-wen-of-verloor
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
https://www.coetzee.biz/information/62/geleenthede-vir-afrika
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
https://www.coetzee.biz/information/54/webwerf-koste-in-perspektief
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
https://www.coetzee.biz/information/55/gratis-webwerf-en-epos-beteken-twyfel
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
https://www.coetzee.biz/information/33/scams-en-sulke-dinge
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
https://www.coetzee.biz/information/69/faceboek-advies
Leesbaarder Faceboek Boodskappe. As jy meer as een sin op Faceboek wil pos:. Maak notepad oop Tik die boodskap Sinne op aparte lyn Copy en paste
https://www.coetzee.biz/information/44/dowe-persoon-werk-al-10-jaar-aanlyn
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
https://www.coetzee.biz/information/262/giftige-verhoudings-in-perspektief
Oor die algemeen beskou mense emosionele, geestelike en sielkundige aftakeling en mishandeling as giftige en ongesonde ver
https://www.coetzee.biz/information/261/kenmerke-van-n-psigopaat
“Hulle verstaan nie die impak van die leed wat hulle ander aandoen nie en gee ook nie om nie.”Het oor die algemeen ’n gemi
https://www.coetzee.biz/information/225/psigopate-in-die-samelewing
Volgens navorsing is omtrent 3% tot 4% van die bevolking psigopate maar die artikel is nie om iemand as psigopaat te klass
https://www.coetzee.biz/information/106/wat-is-die-waarheid-en-werklikheid
Sielkundige luister eendag na paartjie wat te kere gaan oor hulle vakansie en nadat elkeen sy kans gekry het om stoo
https://www.coetzee.biz/information/110/mishandeling
Mishandeling vind plaas as die oortreder mag oor die slagoffer uitoefen op so ‘n wyse dat die verhouding, veiligheid en vryhei
https://www.coetzee.biz/information/113/misdaad-onder-liefde-se-vaandel
Advokaat Barbie, oftewel Cézanne Visser (31), het glo oornag in haar verhouding met Dirk Prinsloo van ‘n maagd na ‘n slet v
https://www.coetzee.biz/information/206/die-behoefte-aan-liefde
Soos aangehegte prent word babas gebore met die behoefte aan liefde en ontgroei dit nooit.Dit in neutedop, is die kern
https://www.coetzee.biz/information/200/die-klein-jakkalsies
Ons almal ken die gesegde "Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel" maar hoeveel van ons dink regtig daaroor?Dit i
https://www.coetzee.biz/information/203/die-wonder-van-keuse
Die waarheid van die lewe is dat ALLES uit teenoorgesteldes bestaan. God teenoor duiwel, lig teenoor donkerte,
https://www.coetzee.biz/information/201/liefde---vriend-of-vyand
Wat min mense besef is dat, soos ek in "Die wonder van keuse - 14 Oktober" geskryf het, bestaan alles nie net uit teenoorgeste
https://www.coetzee.biz/information/204/kommunikasie-in-verhoudings
Onthou ek is DOOF en kommunikasie is dowe persoon se "gestremdheid" en ELKEEN van julle behoort dus baie beter te kommun
https://www.coetzee.biz/information/49/geloof-hoop-en-liefde
Ons is God se dienaars, deur ons dade van geloof, hoop en liefde, en God is NIE ons dienaar, deur ons gebede uit geloof, hoop of
https://www.coetzee.biz/information/207/kinders-dissipline-en-liefde
Iets wat seker ons almal gesien het is kinders wat baie beslis so bietjie (uhhhmnnm, sommige bietjie baie) dissipline nodig het
https://www.coetzee.biz/information/208/god-en-die-huwelik
Ek gaan waarskynlik heelwat teenstrydige reaksies uitlok hiermee maar dit is MY siening en enigeen is vry om daarmee saam te ste