Ek is geen regsgeleerde nie maar sover as wat ek weet is daar wel genoegsame (amper) ondersteuning in ons regstelsel vir
Verhoudings
Ek is geen regsgeleerde nie maar sover as wat ek weet is daar wel genoegsame (amper) ondersteuning in ons regstelsel vir fisieke en seksuele mishandeling en oortreders "is nie veronderstel" om so maklik daarmee weg te kom nie.
Dieselfde kan egter nie van emosionele, sielkundige of geestelike mishandeling gese word nie hoofsaaklik omdat daar geen sigbare of maklik bewysbare tekens is nie en die slagoffer in meeste gevalle NIE sal saamwerk nie.
Volgens my wete kan ander mense en selfs direkte familie nie in sodanige verhouding inmeng nie en is dit uitsluitlik die slagoffer wat SELF teen sulke emosionele mishandeling en aftakeling moet optree.
Dit skep egter 'n groot probleem want
* Sodanige slagoffer is alreeds so vasgevang in valse werklikheid dat redelike, normale en nugtere denke oorboord gegooi word,
* Is dit baie makliker om 'n enkele harde klap te bewys as jare se breinspoeling, emosionele aftakeling en mishandeling en,
* Emosionele mishandeling en 'n giftige verhouding op sigself "klink" nie ernstig genoeg om geregtelike optrede te regverdig nie.
'n Verdere probleem is dat dit bitter moeilik is om die gevolge van sodanige sielkundige mishandeling te bepaal en kom sodanige verhouding van buite voor as heel normaal.
Myns insiens is dit egter net so gevaarlik as om 'n dronk persoon agter die stuur van 'n motor te plaas want alhoewel sodanige persoon wel goed kan bestuur, is en bly dit 'n feit dat drank mens se konsentrasie en vermoêns laat afneem.
In die meeste gevalle gaan emosionele en sielkundige mishandeling ongestoord voort en is dit slegs deur 'n tragedie soos met die Modimole monster of die aanranding van die twee klein kinders soos elders in hierdie blad weergegee.
Soos wat ek dit sien is 'n redelike deel van oortreders van emosionele mishandeling NIE vroue- of kindermishandelaars nie met die gevolg dat, wanneer iets gebeur dit gewoonlik van ernstige aard is en nuusberigte haal.
Iets wat ook begryp moet word is dat kinders in sodanige giftige verhoudings nie net aan gevaar van die kant van die oortreder blootgestel word nie, maar ook van die slagoffer self waar haar emosionele en sielkundige toestand sodanig versleg dat sy knak en haarself, die oortreder of die kinders leed kan aandoen.
Dit is veral asgevolg van bogemelde dat EK weier om te aanvaar dat daar niks is wat familie en vriende wat omgee kan doen om mense in 'n giftige verhouding te help nie en bloot net te wag en bid dat niks gebeur nie.
Wetlik is sodanige oortreder en slagoffer verantwoordelik vir hulle eie verhouding en hulle kinders en ek aanvaar dit, maar my siening is dat in 'n giftige verhouding wat die kinders aan wenslike gevaar blootstel, daar iets MOET wees wat mens kan doen aangesien die hele situasie daarop dui dat beide die oortreder en slagoffer NIE in staat is om dinge objektief en rasioneel te beoordeel nie.
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry..
Toe 'n skraal,
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel..
Maar
Wat is web berging? (Web Hosting).
Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing..
Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was..
Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente..
- Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie..
Ek sal wel na die