Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in
Advies
As gehoorgestremde persoon wat reeds meer as 10 jaar van die huis af vir myself werk op die internet het ek oor die jare BAIE geleer van baie verskillende dinge en dit is hierdie ervaring, inligting en kennis wat ek nou hier deel.
Wat ek oor die jare egter al baie gesien en ervaar het, is dat dit in 'n groot mate NIE omstandighede, ander mense en dinge, scams en geleenthede en watookal is wat die grootste probleem is nie, maar die mense self, hulle eie koppe, mind, houding en gesindheid.
"A pessimist is one who makes difficulties of his opportunities; an optimist is one who makes opportunities of his difficulties."
Grote genugtig tog. As ek as DOWE persoon, al 10 jaar lank vir myself online kan werk en in 'n stadium vir twee tot drie families gesorg het hoeveel te meer kan 'n normale horende persoon nie vermag nie?
Oor die baie jare het EK myself geleer, met trial en error, finansiele onkoste en verliese en meestal tot 18 ure per dag, 7/7 gewerk en gewerk maar as ek dan alles op 'n skinkbord aan 'n normale horende mens bied, kom hy/sy met negatiewe twak soos "Ek weet nie hoe nie. Hoe doen 'n mens dit. Ek het nie tyd of geld nie of my omstandighede is moeilik" bla bla bla
Of so iemand, net soos honderd duisende ander, het NOU geld nodig en soek kitsryk skemas of wil vir 'n baas werk en sit maande en jare later nog en wag, en wag en bid.
Feit van die saak is dat nie eens God sal help nie want geloof sonder die daad is nutteloos en al sorg God vir elke mossie, gooi hy nie die kos by hulle nesse in nie en moet elkeen self uitgaan, die daad by die geloof voeg, om te kry wat reeds daar is.
"You see things and you say 'Why?'. I dream things that never were and say 'Why not?' " - George Bernard Shaw
Sulke mense staar hulle blind teen geopende deure asgevolg van hulle eie twyfel, ongeloof en gebrek aan vertroue in hulself, hulle geloof en Godgegewe gesonde verstand.
Anders as horende mense, soos dit vir my lyk wat teveel op hulle GEHOOR staatmaak in plaas van hulle gesonde verstand, leer ek myself, vind ek self uit, evalueer ek self dinge en alles rondom my en het myself geleer om alles self te doen en nie op ANDER staat te maak nie.
Hoeveel normale HORENDES, gegradueerd of watookal, kan daarop aanspraak maak dat hulle alleen al verskeie kere teen 'n hele takbestuurspan gestaan het, en elke keer reg bewys is? Dat hulle vir R1 m gedagvaar is deur een van SA se grootste assuransie maatskappye omdat hy bereid was om teen 'n verwaande regsafdeling te staan en gewen het? Dat hulle as tydelike werknemer binne een jaar al oor R6m se bedrog by ‘n bank opgespoor het wat op top-bestuur betrokkenheid gedui het en die morele en geloofsoortuiging gehad het om as tydelike, gehoorgestremde werknemer, top-bestuur aan te pak. (Die bank het 3 maande daarna gevou)
"The spirit , the will to win, and the will to succeed are the things that endure. These qualities are so much more important than the events that occur." - Vince Lombardi
Dit en nog baie ander dinge is NIE omdat ek buitengewoon slim is of so iets nie, maar bloot omdat ek my gesonde verstand gebruik, die geloof het in myself en die wil om te staan vir wat reg is, te werk vir wat ek wil hê en volhard ondanks my omstandighede.
Die Bybel se ons is tot alles in staat deur Christus wat ons krag gee en dat God IN ONS is, maar die feit dat dit ONSSELF is wat deur die DAAD uitvoering aan die geloof moet verleen, word misgekyk.
Die grootste "geheim" om van die huis te werk, deur die internet inkomste te verdien of jou besigheid suksesvol te bemark, is dus om heel eerste JOU EIE MIND, gesindheid en motivering reg te kry, want daarsonder gaan jy nêrens kom nie al is daar ook hoeveel geleenthede en deure oop.
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry..
Toe 'n skraal,
Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al
As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel..
Maar
Wat is web berging? (Web Hosting).
Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
Sommige of al die materiaal op hierdie website mag beskerm wees onder kopiereg wetgewing..
Geen deel hiervan mag gekopieer, herproduseer or versprei word op enige manier
(Vir mense wat my versoek dat ek epos stuur of per inbox vra "Vertel my meer" het ek die volgende getik. Let ook asseblief daarop dat die aangehegte gesegde my
Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras
Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was..
Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl
'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente..
- Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie..
Ek sal wel na die